Afrikaanse taalleer bronne
Afrikaans is ons taal. 'n Taal wat deur baie worstelinge gegaan het en steeds vandag 'n bron van kontroversie is. Maar dis 'n taal waarop ons trots is. Kom ons leer hom vir ons kinders, kom ons praat hom ,kom ons sing hom - kom ons pas hom aan en verander hom- maar bo-alles : kom ons hou hom lewendig!
My Afrikaanse taal boekieHierdie is omtrent my gunsteling fonds as dit kom by Afrikaanse Taalleer. Uitgegee in 1926 vir St1-St3 is hierdie boekie geskik vir Gr 1 -Gr 4.Baie van die werk kan mondelings met jou kind gedoen word sodat hy die konsepte verstaan , maar nie onnodig baie hoef te skryf nie.
Die Afrikaans is hier en daar "oud" - maar dit is steeds maklik om dit net te lees soos ons deesdae praat. Na die aard van die ouderdom van die boekie is sekere woorde nie meer aanvaarbaar in die Afrikaanse Taal nie/polities onkorrek - moet asb. nie die baba met die badwater uitgooi daaroor nie- verander net die woorde na meer moderne woorde.
Juta se afrikaanse taal boekiesJuta se Afrikaanse Taalboekie vir St1. Uitgegee in 1923 is in vandag se terme bruikbaar vir einde Graad 1 of Graad 2. Die lessies is lekker kort. 'n Kort leeslessie met vragies wat daarby gaan. Wat ek van hierdie boekie hou is dat die vrae meestal mondelings kan beantwoord word en dat dit "dink" vrae vra soos : "Vertel die storie verder" of "Vertel iets oor 'n hond wat jy ken" Tipe vrae wat baie mooi inpas by Charlotte Mason se "narration". Daarby leer kinders ook taal elemente soos spelling ,woordeskat en begripslees
Juta se Afrikaanse Taalboekie St 2.Uitgegee in 1923. Geskik vir Gr1-Gr 3.Weereens kort lees lessie met vrae. Vrae dwing die kind om in sy eie woorde weer te gee wat hy gelees het- dus om sy gedagtes in woorde om te sit. Woordeskat word steeds uitgebrei.Taalaspekte wat gedek word is meervoude, verkleining,byvoeglike naamwoorde en werkwoorde.
Juta se Afrikaanse Taalboekie St 3. Uitgee in 1923 is geskik vir Gr 2-Gr 3. Taal aspekte word steeds uitgebrei met die byvoeging van direkte en inderekte rede. Hierdie boekie het hier en daar 'n woord in wat ons vandag nie meer gebruik nie- krap net die woord dood en sit die moderne woord in. Oulike gediggies is ook bygesit in die leesstukkies.
Juta se Afrikaanse Taalboekie St4 is uitgegee in 1923 en geskik vir kinders Gr 3-Gr 4. Taalleer word steeds uitgebrei met die toevoeging van samestellings,afleidings, trappe van vergelyking,teenoorgesteldes,idiome,manlik en vroulike vorms.
Juta se Afrikaanse Taalboekie St 5. Uitgegee in 1923 is hierdie boekie geskik vir Gr 3- Gr 5 leerlinge. Leesstukkies is langer. Daar word heelwat gefokus op woordeskat uitbreiding asook idome en uitdrukkings in die afrikaanse taal.Taal aspekte wat gedek word is samestellings en afleidings,teenoorgesteldes, inderekte rede, lydende en bedrywende vorm,meervoude en verkleining, homofone, voorvoegsels en agtervoegsels, manlik en vroulike vorms.
Juta se Taalboekie St 6. Uitgegee in 1923 . Hierdie boekie is geskik vir leerlinge van Gr 4- Gr 6.
Weereens word die klem gelê op die uitbreiding van woordeskat en taal begrip, idiome en uitdrukkings in die afrikaanse taal. Taal aspekte wat gedek word is onder andere direkte en indirekte rede, meervoude en enkelvoude, samestellings en afleidings, teenoorgesteldes, homofone,sins ontleding, koppelwoorde,enkelvoudige en saamgestelde sinne.
Taalleer vir die hoërskoolAfrikaanse grammatika st 6-10Hierdie Afrikaanse Taal Handboek is uitgegee in 1948 en geskik vir Hoërskool leerlinge. Ongelukkig is dit nie beskikbaar as een pdf nie , daarom verskaf ek die skakels vir aflaai. Hierdie is 'n Handboek (nie 'n werkboek). Druk gerus uit en hou byderhand as jy oor enige taalaspekte vrae het.
|
Afrikaanse Taal en StylkursusHierdie is nog 'n Taalskat wat ek onlangs ontdek het. Dit is ook deur Van Oostrum saamgestel soos "My Afrikaanse Taalboekie" Opgevat in hierdie pdf. is St1 . en St.5 . Wat ek hou van die boekie , is die manier waarop Taal verduidelik word sodat dit selfs vir 'n kind wat Afrikaans as Tweede Taal moet leer - dit sal verstaan. Die St1. Boekie sal ek aanbeveel vir Gr1-3 leerlinge en die St 5. Boekie vir graad 4-7. Ek wil my verstout deur te sê dat tot 'n Graad 7 kind steeds baie sal leer uit hierdie boekie.Ek gaan verseker die St1 boekie inspan in ons Afrikaanse program.Baie oulik!
Afrikaanse Taal HandboekHierdie handboek kan deur die ouer/onderwyser gebruik word om Afrikaans Taal suksesvol te kan aanbied en te verduidelik. Daar is ook oefeninge by en is dus geskik om te gebruik as 'n Werkboek vir Hoërskoolkinders ook. Hierdie boek is alles omvattend en hanteer alle aspekte van Taal -insluitende spel reëls wat baie van ons hoofbrekens gee.
|
|