Tuisskool in Afrikaans
  • Tuis
  • Ondersteun my!
  • Afrikaans Taal
  • Leesboekies
  • Wiskunde
  • Geskiedenis
  • Luister Stories
  • Idiome
  • Ons skool blog
  • Mammas se produkte
  • Vir nuwe Tuisskool mammas
  • Gedigte/Poësie
  • Afrikaans tweede taal
  • Youtube kanale
Besoek gerus my Youtube kanaal : ​https://www.youtube.com/channel/UCCJbapL56RsVi-JmxkKZwRg

Luister stories

Hierdie klankbane is steeds onder kopiereg- uitsendings van RSG

Kindertyd(Kaptein Kadoef)

Ek het hierdie stories afgelaai van RSG se webblad af. Ek sit slegs 'n paar op omdat dit onderhewig is aan kopiereg -so dis slegs 'n voorsmakie. Volg die skakel om die ander stories af te laai.
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp  
Soek : Kindertyd
Kaptein Kadoef en sy ruimteskip maats vlieg met hulle ruimte tuig die Vlieënde Volstruis en land op die interessantste plekke en situasies. Dis nie 'n voorgeleesde storie nie - maar 'n gedramatiseerde storie. Die stories is geskik vir kinders van 4 -9jaar (my ouer kinders moes dit luister vir woordeskat uitbreiding :-)  ) . Elke storietjie het oulike woorde  vir woordeskat, oulike uitdrukkings (party is regtig snaaks- dink ons moet dit weer luister om die uitdrukkings in ons spreektaal te inkorpureer), 'n gebeurtenis of iets waarvan jy 'n lessie kan maak- soos bv. toe hulle in die woestyn geland het , het hulle geleer hoe vetplante water terughou om te kan oorleef in die droogte- ons het sommer 'n woestyn studie gemaak daarvan- en elke storie eindig met 'n kort lessie uit die Bybel.  Jy kan regtig hierdie stories gebruik as 'n kurrikulum basis en daarop uitbrei. Geniet dit! xx
20140406_kindertyd_kaptein_kadoef_1.mp3
File Size: 6208 kb
File Type: mp3
Download File

20140413_kindertyd_kaptein_kadoef_02.mp3
File Size: 6675 kb
File Type: mp3
Download File

20140420_kindertyd.mp3
File Size: 6947 kb
File Type: mp3
Download File

Takalani Sesame

Hierdie stories kom ook van die RSG webblad af en is dus ook steeds onder kopiereg.
Ek heg 3 stories aan as 'n voorsmakie - gaan laai gerus die res van die stories af by :
​www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp
​
Soek: Takalani Sesame

Takalani Sesame is die karakters soos ons hulle ken - maar met die verskil van die TV reeks dat die afrikaans wat gebruik word in der waarheid goeie afrikaans is en sonder aksent soos op TV.Die temas wat bespreek word dek die temas van Caps Gr R- Gr 3 en kan dus ook gebruik word as 'n oulike tema bespreking of hulpbron vir jou kurrikulum.Gebruik dit as aanvulling of skoei jou hele kurrikulum hier om.Baie oulik gedoen.
20140805_takalani_sesame_0aons_is_almal_anders.mp3
File Size: 7205 kb
File Type: mp3
Download File

20140807_takalani_sesame_01moshe_het_verkouebloekomblare.mp3
File Size: 7201 kb
File Type: mp3
Download File

20140809_takalani_sesame_02was_jou_hande_voor_jy_eet.mp3
File Size: 7153 kb
File Type: mp3
Download File

Poen en Toekie

Poen en Toekie is Plonkies van die planeet Wopper.Hulle besoek die aarde en beleef baie lekker avonture saam. Hierdie storie is ook gedramatiseer en lekker luister genot vir kinders van 4-9jr.
​Ook onder kopiereg van RSG.

www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp

Soek: Poen en Toekie

20120118_poen_en_toekie.mp3
File Size: 3587 kb
File Type: mp3
Download File

20120119_poen_en_toekie.mp3
File Size: 3641 kb
File Type: mp3
Download File

20120120_poen_en_toekie.mp3
File Size: 3638 kb
File Type: mp3
Download File

Kleutertyd (Ollie die olifant)

Luister na die avonture van Ollie die Olifant. Hierdie stories eindig ook elk met 'n oulike lessie uit die Bybel. Hierdie is 'n voorgeleesde storie en die spreker praat 'n bietjie vinnig- ek het gevind dat my jonger kinders sukkel om die storie te volg- dus beveel ek hierdie stories eers so van 7 jaar af aan- maar defnitief ook geskik vir jonger luisteraars.
Weereens val die stories onder kopiereg van RSG.
www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp

​
Soek : kleutertyd
20120122_kleutertyd.mp3
File Size: 7058 kb
File Type: mp3
Download File

20120219_kleutertyd.mp3
File Size: 7324 kb
File Type: mp3
Download File

20120401_kleutertyd.mp3
File Size: 7275 kb
File Type: mp3
Download File

Powered by Create your own unique website with customizable templates.