wiskunde bronne
Wiskunde bronne in Afrikaans is nogals skaars - so dit gebeur dat 'n mens veral in die laer grade sommer werkskaarte in engels aflaai vir kinders om te doen.Indien jy bewus is van Wiskunde hulpbronne in Afrikaans- kontak my gerus met die inligting - sodat ek dit kan byvoeg. Onthou dat ek veral opsoek is na alles GRATIS.Dankie!
Dou KleefstraDou is 'n afgetrede onderwyser met 40 jaar se ondervinding in Wiskunde klasgee. Dou se bediening is om kinders gratis te help met hulle wiskunde. Hy het 'n youtube kanaal begin : Mathdou - met videotjies oor verskeie oplossings op probleme. Dou sal enige probleem waarmee jy sukkel vir jou help oplos- hy kan dit of per whatsapp verduidelik of 'n videotjie daarvan maak.
Hy het onderandere 2 whatsapp groepe begin vir tuisskolers- 'n laerskool en hoërskool wiskunde groep. Kontak hom gerus om deel te word van die groep of met jou wiskunde probleem waarmee hy jou moet help. Sy tel no is : 072 4097505 Hierdie diens is GRATIS!! DANKIE DOU! MAG JY UIT JOU SOKKIES GESEëN WORD! |
|