Tuisskool in Afrikaans
  • Tuis
  • Ondersteun my!
  • Afrikaans Taal
  • Leesboekies
  • Wiskunde
  • Geskiedenis
  • Luister Stories
  • Idiome
  • Ons skool blog
  • Mammas se produkte
  • Vir nuwe Tuisskool mammas
  • Gedigte/Poësie
  • Afrikaans tweede taal
  • Youtube kanale

Gedigte / Poësie

Poësie lê my baie na aan die hart. Daar is iets omtrent die ontginning van woorde in 'n gedig - om te verstaan wat die skrywer probeer sê het, om te kan voel wat hy voel en beleef wat hy beleef - dis soos 'n geskenk wat 'n mens lagie vir lagie oopmaak om by die ware skat uit te kom.En as jy dit jou eie gemaak het - is dit iets wat altyd in jou hart en mens-wees ingegraveer is. Dit is 'n skat wat ek ons kinders gun!

Kinder verse van Totius.

Natuurlik moet elke kind blootgestel word aan die wonderlike werke van Totius! Hierdie digbundeltjie is gemik op die laerskool kind , maar sal geniet word deur jonk en oud. Die taal is eenvoudig maar treffend. 'n Lekker saam lees bundel! Geniet hom!
kinderverse-van-totius.pdf
File Size: 2172 kb
File Type: pdf
Download File

Klokgrassies deur D.F Malherbe

'n Versameling van lieflike natuur gediggies vir die Graad 4 en ouer kind. Die afrikaans wat gebruik word is bietjie "oud" , maar ek dink dit is ook goed om ons kinders bewus te maak van die Nederlandse herkoms van ons taal. Geniet hierdie pragtige gediggies.
klokgrassies.pdf
File Size: 1069 kb
File Type: pdf
Download File

Powered by Create your own unique website with customizable templates.