Tuisskool in Afrikaans
  • Tuis
  • Ondersteun my!
  • Afrikaans Taal
  • Leesboekies
  • Wiskunde
  • Geskiedenis
  • Luister Stories
  • Idiome
  • Ons skool blog
  • Mammas se produkte
  • Vir nuwe Tuisskool mammas
  • Gedigte/Poësie
  • Afrikaans tweede taal
  • Youtube kanale
Besoek gerus my Youtube kanaal : ​https://www.youtube.com/channel/UCCJbapL56RsVi-JmxkKZwRg

Geskiedenis bronne

Ek weet almal is gedurigdeur opsoek na Geskiedenis werksboekies of handboekies vir hulle kinders. Ek het al op 'n paar afgekom ,maar die probleem met hulle is dat hulle "uit gedateer is". Termes en idees wat weergegee word is polities onkorrek en hoofsaaklik uit die blanke Afrikaner se oogpunt uit geskryf. So natuurlik is daar positiewes en negatiewes gebonde aan hierdie bronne - so gebruik hulle op eie diskressie. Lees eers self - voor jy dit vir jou kind voorlees. Ek het al gehoor dat mense sê ons geskiedenis is herskryf - ek weet nie hoe waar of onwaar dit is nie - maar wat vir my wel positief is oor hierdie boekies is omdat hulle so lank terug geskryf is , is hulle nader aan die tyd wat die "geskiedenis" eintlik gebeur het - so volgens my moet die weergee daarvan dan baie meer akkuraat wees :-)

Geskiedenis vir die kinders deur Jan van Nes

Hierdie geskiedenis boekie is by verre my gunsteling vonds so ver! Dis in 'n heerlike vertel trant geskryf - 'n regte "lewendige boek" . Dit is geskik vir laerskool kinders van Gr 1 af( met bietjie meer verduidelikings van mamma af) . Dit kan defnitief ook gebruik word vir hoërskool leerlinge - ek kan jou waarborg hulle sal iets leer!
Die nadele aan die boekie is dat die Afrikaans bietjie oud is- maar steeds goed verstaanbaar- en dan natuurlik hier en daar termes wat verkeerd is. Ek lees dit tans voor vir my kinders - ons geniet dit baie. Hierdie is deel 1 - ek het die Internet al plat gesoek na deel 2. ASB, ASB - as jy hom vind - laat my asb weet - sodat ek hom kan opsit!!

geskiedenis-virkinders.pdf
File Size: 7000 kb
File Type: pdf
Download File

Ons lewende geskiedenis FAK 

Die FAK het fantastiese afrikaanse hulpbronne - dit is die moeite werd om hulle webtuiste te besoek.
Hier is 'n skakel na 'n radio dramatisering van die geskiedenis. Dit begin om en by dieselfde tyd as Geskiedenis vir die kinders - dus kan die 2 hulpbronne saam gebruik word. Dit strek tot by die Republiek wording van Suid -Afrika.Dit is ongelukkig nie aflaaibaar nie , maar moet aanlyn geluister word.
​http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/klankargief/ons-lewende-geskiedenis/ 
Niks soos 'n liedjie om bietjie geskiedenis vas te lê nie :-)

SA geskiedenis videotjies op kyknet uitgesaai

Die videotjies is oud en die klankbaan is swak - maar nogals interessant. Ek sal dit wel eerder gebruik vir 'n ouer kind aan wie jy die politieke situasie en sienings van toentertyd en nou beter kan verduidelik.

Suid-Afrikaanse geskiedenis

1652 -1866
Ek het lank gehuiwer om hierdie boekie te plaas aangesien daar heelwat inhoud is wat kontroversieel is in vandag se tyd. Dus sal ek aanbeveel dat hy eers deur die ouer gelees word. Ek plaas hom wel want ek dink dit kan goed te pas kom as 'n riglyn vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Dit is 'n beknopte weergawe - daar word insidente uitgelig met datums by wanneer dit gebeur het , maar dit is nie breedvoerig oor elke insident nie. 'n Mens sal dit goed kan gebruik om 'n tydlyn op te trek van gebeure in bogenoemde tydvak. Die Afrikaans is amper nog Hollands - maar heeltemal maklik genoeg leesbaar.
hfst1_di_kaap_in_diu.pdf
File Size: 5943 kb
File Type: pdf
Download File

hfst2_di_franse_vlugtelinge.pdf
File Size: 1151 kb
File Type: pdf
Download File

hfst3_di_kaapnder_di_engelse.pdf
File Size: 5168 kb
File Type: pdf
Download File

hfst4_di_uitgeweke_boere.pdf
File Size: 3104 kb
File Type: pdf
Download File

hfst5_vrijstaat.pdf
File Size: 2252 kb
File Type: pdf
Download File

hfst6_transvaal.pdf
File Size: 1131 kb
File Type: pdf
Download File

Uit die Geskiedenis van naamgewing van plante en diere in Suid-Afrika

Leer waar die plante en diere van Suid-Afrika hulle name vandaan gekry het.
uit_die_geskiedenis_van_die_naamgewing_aan_plante_en_diere_in_afrikaans.pdf
File Size: 7276 kb
File Type: pdf
Download File

Powered by Create your own unique website with customizable templates.