Die mense wat my ken weet ek is nie iemand met pretensies nie- partykeer gaan dit goed en ander kere gaan dit minder goed- en dit is net hoe die lewe is. Die lewe van ‘n Tuisskool ma is ook nie anders nie. Ons is onlangs deur ‘n trek – iets wat beskou word as hoogs traumaties- en ons pas nog aan. Maar so is daar in elke tuisskool ma se lewe seisoene waar dinge nie presies loop soos jy beplan nie.
Ons almal het doen lysies, doelwitte, skedules, roosters, kurrikulums, familie ens . -wat ons konstant laat voel dat ons nie bykom nie – maar die persoon wat die hardste op ons is , is onsself! Partykeer is dit nodig om terug te treë en dit wat jy doen te minimaliseer om sodoende dit wat jy doen te kan optimaliseer! Die Here het regtig die laaste tyd met my hart gewerk oor vereenvoudiging van wat ons doen. Ja, ek wil nog daai geskiedenis kurrikulum doen , en O! Daai aardrykskunde lyk so lekker, om nie eers te praat van die eksplosiewe wetenskap eksperimente nie ! Voeg daarby programmering, ‘n derde taal, tik, musiek,kuns, tegniese tekeninge en voor jy weet – wemel jou kop van dinge wat jy nog wil doen en net eenvoudig nie tyd het om in te pas nie.
Dan het ek boonop nog 6 kinders ook – en ek wil vir elkeen so veel stimulering in elkeen se individule rigtings gee as wat ek kan- genoeg om enige normale mens tot breekpunt te dryf!
So ons het terug getree en vereenvoudig! Dit wat die Here my wou wys – en iets wat elke gesoute tuisskoler teen hierdie tyd weet is- MEER IS NIE BETER NIE!
Ons konsentreer SLEGS op Lees, Skryf en Wiskunde. Dis dit! Die res sal vir hulleself sorg. Daar is nie ‘n haas as dit kom by die opvoeding van ons kinders nie . Wat baie belangriker is as boekekennis- is dat ons by ons kinders se hartjies uitkom en terselfdertyd ook nie vergeet om na onsself te kyk nie – want as mamma plat val , stort die hele huis ineen.
So ons dag roetine lyk as volg:
1. Staan op en eet saam ‘n rustige ontbyt.
2. Ek lees vir almal voor uit ons Bybel storie boek. Partykeer lees ons net een hoofstuk- ander sommer drie. So ‘n spesiale tydjie om Jesus se liefde en God se grootheid aan my kinders oor te dra.
3. Daarna sing ons almal geestelike liedere saam. Ek probeer om soveel moontlik liedjies vir die kinders te leer wat reguit uit die Skrif uit kom – dan dien dit ook sommer as ons Skrif memorisasie werk.Bybel tyd duur enige iets tussen 30min en 1 uur.
4.Ons almal vat ‘n vinnige breuk.
5. Dan gee ek eerste bietjie toegewyde aandag aan my jonger kinders. Ek lees vir hulle die boekies voor wat hulle self by die biblioteek uitgekies het en praat sommer bietjie oor die boekies en die lessies- as daar iets te lere is.Na so 20 min is hulle reg om te gaan speel – en hulle gaan spring trampoline of speel in die sand(hier’s baie daarvan) In hierdie tyd kan my groter kinders hulleself besig hou- hulle teken, lees vir hulle self of luister wat ek lees.
6. Daarna is die groter kinders se hoofstuk boek aan die beurt. Op die oomblik is ons besig om Saartjie te lees.(Ek sal seker afgeskiet word vir die min literêre waarde van ons keuse- maar ons leer verbasend baie!)Omdat Saartjie ‘n “ouer” boek is – is die Afrikaans wat gebruik word nog regtig mooi en my kinders se woordeskat brei daagliks uit. Ons lees gewoonlik minstens 1 hoofstuk wat ons gewoonlik so 40 minute vat om te voltooi.Hierdie tydjie skep ‘n heerlike atmosfeer van gemoedelikheid en liefde en ek kan sien hoe my kinders se hartjies rustig is en gevoed word.Ek kan regtig aanbeveel om “sommer net ‘n storie” vir jou kinders voor te lees!
7. Ons lees ook uit Kinders van die Wêreld uit 2/3 dae per week. Ek gebruik dit op die oomblik as my “spine” om al ons algemene kennis lesse uit te haal. Sover het ons al natuur lessies, sosiale studies, aardrykskunde en geskiedenis lessies daaruit kon leer – ek het gesien dat daar ook vorentoe wetenskap lessies , chemie en meer gaan opduik. Ons lees slegs so 20min op ‘n slag – maar die kinders onthou die inligting waarmee ons te doene kry- want hulle het ‘n onmiddelike verhouding daarmee omdat dit in ‘n storie vorm is.
8. Daarna is dit buite speel tyd vir almal en ek geniet ‘n koffietjie.
9. Terwyl die groter kinders speel- roep ek die kleineres in(5 & 6 jr) en ons doen gou wiskunde saam. Sommer mondelings – tel, vorms, eenvoudige sommetjies. As hulle wil – laat ek hulle ‘n paar nommers en letters ook skryf. En ons sê gou die rympie wat ons besig is om te leer op.Dit vat regtig nie meer as 10 minute nie.Hulle voel hulle het “skool” gedoen – en hulle “aandag emmertjies” is weer vol sodat hulle weer lekker buite kan gaan speel.
9. Dan word my 12 jarige gestuur om haar wiskunde te gaan doen en ek vat my 8jarige en 11jarige om die beurt vir hulle wiskunde. Ons werk net omtrent 30 minute vir elkeen, maar dit is een tot een aandag so ons kry heelwat verrig.
10. Daarna is dit middag ete en rus tyd.Ons vat minstens ‘n 2 ure middag breuk. Ek gebruik hierdie tyd om te gaan slaap of net rustig in my kamer te verkeer. Ek is ‘n introvert en het alleen tyd nodig om te herlaai. Die kinders hou hulleself rustig besig(daar is ‘n defnitiewe “rustige tyd “ reël gedurende hierdie tyd- so hulle mag nie hardloop en spring speletjies speel nie)Hulle speel kaart, bordspeletjies, doen kuns en per geleentheid mag hulle saggies ‘n Afrikaanse storie op TV kyk. Die middae is alreeds baie warm hier in die Namib – so ons verkeer meestal binneshuis rondom hierdie tyd.
11. As ek opstaan , takel ons die Afrikaans.
My groter kind werk onafhanklik aan Wetenskap , Engels , Afrikaans en Bybel wat ek vir haar uitgelê het- sy moet ook vir my ‘n kort opsomming skryf van die wetenskap lessie wat sy geleer het die dag- dit dien dan as haar skryf en spelling werk.
Ek vat my 11 en 8 jarige( en partykeer sit my 5&6 jarige sommer in) en ons doen mondelings ons Afrikaanse lessies. Ons doen een lessie uit “My Afrikaanse Taalboekie”, een lessie uit “Juta se Taalboekies” en een lessie uit “ Jong Suid-Afrika se bloemlesing” . Laasgenoemde se storie moet hulle om die beurt vir my voorlees en dit dien dan as hulle lees oefening vir die dag.
12. Twee middae ‘n week slaan ons die Afrikaans oor en vervang dit net met ‘n fonetiese en leesles. Elke kind(8 en 11) lees dan om die beurt so 15 min vir my voor.
13. My 8 en 11 jarige oefen vas skrif op die oomblik en hulle sal dan gewoonlik of wanneer ons besig is om te lees sit en hulle skrif oefen , of aan die einde van die dag hulle skrif doen.
14. Ons is teen 3 uur/4 uur klaar met die dag se werk.
En só het ons dan ons dag ongejaag en rustig deurgesien. Geen druk van ‘n kurrikulum wat MOET afgehandel word nie, geen geskree want jy werk nie vinnig genoeg nie, geen oor die rug kyk of ek nou al die “uitkomstes” wat CAPS verwag – gedek het nie. Net rustig leer, praat oor dit wat opkom en gemoedelike samesyn.
Ek geniet hierdie manier van skool so - ek mag dit dalk nog ‘n hele paar maande volhou.
Ek wil regtig vir die uitgeputte, uitgebrande ma’s wat hierdie lees – aanbeveel om terug te treë en te vereenvoudig. Jy hoef dit nie presies te doen soos ek nie- elke gesin is anders- maar oorweeg dit om vireers die klomp ekstra vakke wat jy indruk te laat staan en net te konsentreer op dit wat vir julle NOU EN HIER die belangrikste is.Daar sal altyd nog tyd wees om die ander dinge te leer.
Onthou om die Vader te soek in jou Tuisskool reis en jou reis sal geseënd wees!
Tot volgende keer. xx