Sjoe! Maar ek het omtrent lank gevat om aan die gang te kom hierdie jaar! Om die waarheid te sê - ons het eintlik deur die hele Desember geskool en deur die hele eerste gedeelte van Januarie - sonder om die gevoel te hê dat die nuwe jaar nou aangebreek het en ons seker moet beplan en al daai dinge :-) .
My man se werk is so dat hy nie Desember kon afkry nie- so ons het eers die laaste week van Januarie op vakansie gegaan. Met die gevolg dat ons nuwe jaar eintlik nou eers hierdie week begin het.
Hierdie jaar pak ek weereens aan met 'n verbete fokus op Afrikaans. Vir die wat nie my vorige posts gelees het nie: my 9 jarige seun het 'n spraak gebrek , wat beteken ons moet ekstra hard werk om sy taal vaardighede goed vas te lê. So ek beplan hierdie jaar om skool so te kombineer met terapie - of terapie -agtige aktiwiteite sodat ek die beste resultate kan kry.
Natuurlik is die beste terapie : praat,praat en nogmaals praat...iets wat vir my regtig moeilik is aangesien ek 'n introvert is - en as ek moeg is , is dit letterlik asof ek net nie meer woorde kan uitkry nie!(Ek is seker daar moet 'n paar mammas daarbuite wees wat die selfde ervaring het!)
So wat is my plan van aksie om dit te implementeer? Eerstens is dit 'n goeie idee om net die lewe te leef en oor alles te praat wat jy beleef. So ek fokus nou meer daarop om geselsies met my kinders aan te knoop waarin hulle my sommer net goedjies kan vertel wat in hulle koppe aangaan. Dan is ek van plan om een keer per week 'n bak en brou dag te hê. Die idee is dat dit dien as sensoriese terapie( deeg knie , pasta maak, koekies rol) asook om almal 'n geleentheid te gee om saam te werk aan 'n gemeenskaplike doel , te leer hoe om resepte te volg en sommer net om saam pret te hê. Die bykomende voordeel sal wees dat ons 'n hele paar etes kan vooruit voorberei sodat ons minder tyd aan kosmaak afstaan die res van die week - en hopelik sal ons dan ook gesonder eet. Ek het afgekom op die volgende webblad en dink ek gaan 'n paar idees gaps en gebruik in ons kosmaak dag : https://www.howtosmile.org/topics/cooking#principle-1 . Dit gebruik kos om wetenskap en wiskunde beginsels te verduidelik. Verder (hierdie is seker die belangrikste verandering) gaan TV en tegnologie in hierdie huis tot die minimum beperk word! Ons is nie geneig om TV te kyk nie aangesien ons nie DSTV het nie - maar ons youtube graag en die kinders is natuurlik dol oor flieks kyk. Die probleem is net dat daar regtig nie genoeg in Afrikaans beskikbaar is nie , met die gevolg dat hulle op die einde van die dag oor die loop van 'n naweek(want TV is beperk deur die week) sommer 8-10 ure blootgestel was aan engelse TV/ flieks(Ja - ek is ook feilbaar en maak die TV partykeer die baba oppasser!). Dit is net nie meer aanvaarbaar nie. TV sal nou die uitsondering op die reël wees en nie die reël nie! Kinders gaan tot verveeldheid gedryf word by gebrek aan tegnologiese stimulasie en dit sal hulle hopelik dwing om meer te lees :-) . Afrikaans natuurlik! Ek het ook 'n reëling met 'n tuisskool vriendin hier gemaak vir 'n vasgestelde kuier tyd een maal per week , sodat ons kinders ook met maats kan kommunikeer . (Gee mamma bietjie rus). Ons gaan ook probeer om meer gereeld bord speletjies te speel. Dit is iets wat ons in die verlede gereeld gedoen het - maar bietjie afgeskeep het na ons trek. Bord speletjies skep wonderlike geleenthede vir gesprek voering!Verder probeer ek Charlotte Mason se manier van skool toepas. Ons lees oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, ons sing, ons luister musiek , ons leer uit die natuur, ons geniet gedigte, ons bekyk kuns werke, en ons is van plan om bietjie meer aandag aan handwerk en natuursketse te gee. Ek sien regtig uit na wat die jaar gaan oplewer!
Op 'n persoonlike vlak - het ek ook allerhande dinge wat ek wil doen die jaar ,behalwe om vir my kinders skool te gee. Ek begin volgende week vir 2 ure op 'n Dinsdag oggend fun gym aanbied vir Gr R kindertjies. Ek gaan ook as afrigter betrokke wees by die Gimnastiek 'n paar middae per week. Dan is ek reeds 'n geruime tyd besig om te werk aan 'n Afrikaanse tuisskool kurrikulum. Ek gaan moet tyd inruim om ook daaraan te werk. Behalwe dat ek voel daar is defnitief 'n behoefte daaraan - is dit iets wat die Here seker al 3 jaar terug op my hart geplaas het , en ek voel dit is hoogtyd dat ek begin in gehoorsaamheid wandel. Dit gaan ure en self dissipliene van my kant af kos , maar ek glo dat ek die vrug daarvan sal pluk op die einde van die dag. Dan het ek ook gedink - dat terwyl ek nog werk aan die kurrikulum ek 'n bietjie meer gereeld gaan blog oor hoe ons tuisskool dae nou eintlik lyk. Dit sal dien as bemoediging vir ander tuisskolers , en nuwe tuisskolers hopelik 'n kykie gee op hoe 'n dag by die huis kan lyk en miskien sommer ook dien as 'n dagboek vir my waarop ek eendag kan terug kyk.So julle kan uit kyk vir meer gereelde tuisskool inspirasie van my kant af!
Ek wou eintlik in hierdie post meer besonderhede gegee het oor kurrikulum wat ek uitgesoek het vir die jaar - maar ek dink ek gaan 'n aparte post daaroor skryf. Hy volg binnekort.
Ek wens julle almal 'n geseënde tuisskool jaar toe!
Tot volgende keer .
xxx